skip to Main Content

Ek het op die ouderdom van 51 vir die eerste keer n gehoorapparaat begin dra. Ek was aanvanklik bewus van n aanhoudende gesuis in my oor en het my gehoor as gevolg daarvan laat toets. Ek was ook bewus daarvan dat ek myself in groepe onttrek omdat ek nie almal kon hoor nie. Ek het dit ook moeilik gevind om met vriende in ‘n restaurant te kommunikeer.  Baie verbaas het ek tydens die gehoor toets vir die eerste keer beleef hoe verkeerd ek klanke interpreteer en met die toets resultate was die erns van my gehoorverlies aanvanklik ‘n ontnugtering en ek het besef dat ek in ontkenning geleef het.

Met die pas van my eerste gehoor apparaat kon ek nie glo ek kon vir die eerste keer n wekker hoor tik, voëls hoor tjirp en selfs die tik op n rekenaar se sleutelbord hoor nie.

Aanvanklik was die dra van die apparaat n aanpassing omdat ek so gewoond was aan agtergrond stiltes dat dit vasbyt gekos het om gewoond te raak aan al die agtergrond geluide wat so duidelik was. Agneta se kennis en rekenaar toerusting het die aanpassing met die dra van die gehoorapparaat vereenvoudig en vergemaklik.

Vandag raak ek skoon angstig as ek sonder batterye vir my gehoorapparaat is en dring my gesin daarop aan dat ek my gehoorapparaat moet dra aangesien dit frustrasie by my en hulle veroorsaak as ek klanke verkeerdelik interpreteer. In n werks-opset wat ek slegs in my tweede taal moet kommunikeer en myself dikwels in vergaderings moet uitdruk is ek total aangewese op my gehoorapparaat om korrek te hoor en te kommunikeer.

Tydens elke opvolg gehoortoets by Agneta is ek bewus daarvan dat my gehoorapparaat ‘n onontbeerlik hulpmiddel is wat my lewens kwaliteit verbeter.  Ek is egter tot vandag toe spyt dat ek nie vroeër my gehoor probleem geïdentifiseer het nie aangesien ek oor ‘n lang tydperk soveel stimulasie, kennis en ervaring verloor het a.g.v. my gehoor gebrek. Ek is steeds na 12 jaar verbaas en bewus daarvan dat ek soggens met die insit van my gehoorapparaat dadelik die voël geluide kan hoor waarvan ek andersins onbewus is.

Johannesburg

Contact Number

Email Address

Vereeniging

Contact Number

Email Address

Back To Top