Hiermee wil ek graag terugvoer gee hoe ek baat gevind het sedert ek die gehoorapparate ontvang het.
- Die mense waarmee ek kommunikeer rapporteer dat dit opmerklik beter gaan hiermee omdat ek vinniger snap, minder vra vir herhaling, TV sagter stel en meer deelneem aan gesprekke (veral in omgewings van geraas, soos in `n motor of restourant).
- Die Bluetooth konneksie met die selfoon maak dat dit oproepe baie meer effektief hanteer word. In lyn met neiging onder tegnologie gebruikers het ek oorfone wat my in staat stel om met my hande voort te gaan met werk terwyl ek met die oproep besig is, Dit is handig by die rekenaar, in die motor, terwyl ek skryf of selfs met ete.
- Ek kan video`s met klank, oproepe of stemgrepe luister sonder dat die omstanders dit hoor.
- As mens gehoorverlies het, weet jy nie wat jy mis nie, maar nou met die apparate weet ek dat daar niks verlore gaan van al die klanke en kommunikasie rondom my nie
Baie dankie vir die verbetering van my lewensgehalte.