skip to Main Content

My naam is Pieter Erasmus, ek is doof gebore en het op 18 maande my eerste apparate gekry. Ek het in die begin gesukkel om gewoond te raak aan die apparate en al die klanke. Ons het by die oor-neus en keel dokter gehoor van ʼn program in die Kaap, by Carel du Toit: waar dowe kinders leer praat en daar ingeskakel. Ek het toe by tannie Agneta begin met spraakterapie en sy het ons gehelp om Carel du Toit se program te volg. Tannie Agneta was altyd baie geduldig en het nooit kwaad geword of moed opgegee nie. Sy het ook gehelp toe ek skool toe gaan, deur aan die onderwysers te verduidelik hoe om my te hanteer en hoe my FM-sisteem werk. Met tannie Agneta se hulp en aanmoediging is ek vandag ʼn elektrisiën en ek praat normaal. In 2016 het ek nuwe apparate gekry waarvan die tegnologie ongelooflik is, ek hoor baie meer klanke soos die sekonde wyser se tik van ʼn muurhorlosie, voëltjies in die tuin en baie meer, ek kan myself nou hoor fluit ook. Tannie Agneta help my met gehoortoetse, nuwe oor stukkies, die diens van my apparate en die aankoop van nuwe apparate.

Johannesburg

Contact Number

Email Address

Vereeniging

Contact Number

Email Address

Back To Top