Hiermee sê ek graag weer baie, baie dankie vir die deeglike gehoortoetse tydens my ondersoek by jou spreekkamer. Jou vriendelikheid en persoonlike aandag het die vreemde situasie soveel makliker gemaak. Die dra van gehoorapparaat op my ouderdom is nogal iets om gewoond te raak maar ek kan getuig van die uitstekende verbetering in my daaglikse omgang met mense wat dit te weeg gebring het.
Jou persoonlike aandag en geduld maak ook al die opvolgbesoeke baie aangenaam – mens het mos altyd baie vrae!
Dankie ook spesiaal aan Anna-Mart wat so behulpsaam is met al die kleiner probleempies wat opduik.